Verkleurmannetjie

Verkleurmannetjie
Kaapse dwergverkleurmannetjie (Bradypodion pumilum)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Chamaeleonidae

Subfamilies en Genera
Verspreiding van die Verkleurmannetjie

Die verkleurmannetjie of trapsuutjie (Chamaeleonidae) is 'n familie van die skubreptiele. Die meeste verkleurmannetjies kan hul vel se kleur vir kamoeflering verander, of om hul gemoedstoestand aan ander verkleurmannetjies aan te dui. Die grootste spesies word tot 70 sentimeter lank.

Verkleurmannetjies het papegaai-agtige voete wat aangepas is om in bome te leef en saggies deur takke en blare te beweeg. Hulle beweeg gewoonlik stadig met wiegende bewegings om met die ritsel van blare in die wind saam te smelt. Die oë is stereoskopies en kan onafhanklik van mekaar en in teenoorgestelde rigtings beweeg. Die stert is spesiaal gevorm om homself te anker en aan takkies vas te gryp.

Hulle het lang klewerige tonge wat hulle blitsig kan uitskiet om prooi te vang. Die tong is tot twee keer so lank as die liggaam self. Hulle vreet meestal insekte, maar sal ook soms kleiner akkedisse vreet.

Daar bestaan omtrent 190 spesies wat in Afrika, Madagaskar, Spanje en Portugal, oor suidelike Asië en Sri Lanka voorkom. Hulle is ook na Hawaii, Kalifornië en Florida ingevoer, en word in warm habitats wat van reënwoude tot droë woestyne wissel aangetref.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy