Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 3:4[1] |
Goedgekeur | 20 Februarie 2006 |
Ontwerp | ’n Blou vlag met ’n skuins rooi baan met geel fraaiings van die onderkant van die vlagpaalkant tot die bokant van die wapperkant. ’n Geel ster in die skildhoek. |
Bynaam | Presidentsvlag |
Verhouding | 2:3 |
Ontwerp | Nasionale vlag met ’n bykomende inskrywing Le President |
Die nasionale vlag van die DR Kongo is op 20 Februarie 2006 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n hemelsblou vlag met ’n diagonale rooi baan met geel fraaiings van die onderkant van die vlagpaalkant tot die bokant van die wapperkant; ’n geel vyfpuntige ster is in die skildhoek.