Vogelsberg



Vogelsberg


Maak deel uit van die

Oos-Hessiese Bergland


Tipe

Uitgewerkte vulkaan


Deelstaat

Hesse
Vlag van Duitsland Duitsland


Oppervlakte

2 500 km²


Ligging in Duitsland




Hoogste bergpieke

Taufstein (773 m)

Die Vogelsberg is 'n middelgebergte van vulkaniese oorsprong in die Duitse deelstaat Hesse wat deel uitmaak van die Oos-Hessiese Bergland. Die hoogste piek in die gebied - die grootste geslote basaltmassief in Europa - is die Taufstein met 'n hoogte van 773 m bo seevlak. Die Natuurpark Hoher Vogelsberg beslaan groot dele van die bergreeks se hoër geleë gebiede, terwyl die waterskeiding tussen Ryn en Weser ook deur die berggebied loop.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy