Vredefort

Vredefort
Nederduitse Gereformeerde Kerk Vredefort
Nederduitse Gereformeerde Kerk Vredefort
Wapen van Vredefort
Wapen
Vredefort is in Vrystaat
Vredefort
Vredefort
 Vredefort se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°01′S 27°23′O / 27.017°S 27.383°O / -27.017; 27.383
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikFezile Dabi
MunisipaliteitNgwathe
Stigting1876
Oppervlak
 • Totaal16,77 km2 (6,47 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal1 326
 • Digtheid79/km2 (200/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense54.1%
 • Indiërs/Asiërs1.7%
 • Bruin mense12.4%
 • Swart mense31.3%
 • Ander0.5%
Taal (2011)
 • Afrikaans66.5%
 • Sotho22.3%
 • Engels3.5%
 • Xhosa2.6%
 • Ander5.1%
Poskode (strate)
9595
Poskode (posbusse)
9595
Skakelkode056

Vredefort is ’n klein plattelandse dorpie in die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Vrystaat (in die streek wat bekend staan as die Riemland), waar daar met vee, grondboontjies, sorghum, sonneblomme en mielies geboer word. Die dorp is ongeveer 80 km noord van Kroonstad en 15 km suid van Parys en is die tuiste van sowat 715 wit, 165 bruin en amper 14 000 swart inwoners. Vredefort het ’n ekonomiese bloeityd beleef toe die nasionale pad (nou bekend as die N1) deur die dorp geloop het. Dit is egter verskuif, wat ’n merkbare uitwerking op die dorp gehad het. Die dorp is nou besig om, soos baie ander klein Vrystaatse dorpies, vinnig agteruit te gaan aangesien die munisipaliteite nie belangstel om eenvoudige take te verrig soos paaie en straatligte regmaak nie. [verwysing benodig] Verder het die skool, Hoërskool Chris van Niekerk, ook feitlik doodgeloop nadat die Vrystaatse departement van onderwys besluit het om die plaasskole in die distrik te sluit en die kinders in die koshuis (Huis Graniet) te huisves. [verwysing benodig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Vredefort". Sensus 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy