Waarheidstabel

'n Waarheidstabel is 'n wiskundige tabel wat aan teen die einde van die 19de eeu deur Charles Peirce ontwikkel is. Die tabel word in die logika, en spesifiek die stellingslogika gebruik om vas te stel of 'n logiese uitdrukking waar is en of die argument geldig is. Waarheidstabelle kan gebruik word om die waarheidswaarde weer te gee van 'n logiese bewerking (soos "en", "of", "nie" en "as...dan") vir alle moontlike kombinasies van waardes.

In waarheidstabelle kan 'n mens die waarheid of onwaarheid van 'n stelling op verskeie maniere aandui. Een manier is om eenvoudig "waar" of "onwaar" te skryf maar dit is dikwels gebruiklik om die letters T vir true (waar) in Engels en F vir false (onwaar) te gebruik. Andersins kan 'n 1 gebruik word om waar en 0 om onwaar voor te stel.

Een nadeel van waarheidstabelle is dat by saamgestelde stellings met baie veranderlikes die tabel baie vinnig te groot word. Die grootte van die tabel groei eksponensieël met die aantal veranderlikes: so sal 'n tabel met 8 veranderlikes (A,B,C, tot en met H) 28 rye beslaan.

'n Alternatief vir die waarheidstabel is die Karnaugh-diagram. 'n Ander manier om 'n stelling te ondersoek is met behulp van 'n semantiese tablo.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy