Warden

Warden
Dorp+township
Nederduitse Gereformeerde Kerk Warden
Nederduitse Gereformeerde Kerk Warden
Warden is in Vrystaat
Warden
Warden
 Warden se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°51′14″S 28°58′0″O / 27.85389°S 28.96667°O / -27.85389; 28.96667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikThabo Mofutsanyane
MunisipaliteitPhumelela
Stigting1912
Oppervlak
 • Totaal17,0 km2 (6,6 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal10 977
 • Digtheid646/km2 (1 670/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense6.4%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense0.4%
 • Swart mense92.1%
 • Ander0.5%
Taal (2011)
 • Zoeloe 62.9%
 • Sotho 25.2%
 • Afrikaans 7.2%
 • Engels 1.6%
 • Ander 3.0%
Poskode (strate)
9890
Skakelkode058

Warden is 'n dorp in die Oos-Vrystaat wat tussen Villiers en Harrismith aan die N3 nasionale hoofweg tussen Durban en Johannesburg geleë is.

Die dorp is in 1912 op die plaas Rietvallei uitgelê. Warden het eers in 1920 'n munisipaliteit geword en is in 1923 geproklameer. Die dorp is genoem na Charles Warden, 'n landdros op Harrismith van 1884 tot 1900.

Die boerderygebied rondom Warden produseer 'n groot deel van die land se aartappels, mielies en rooivleis.

Die NG kerkgebou op Warden is die grootste in die Vrystaat en een van die ses grootstes in Suid-Afrika[2] Oorspronklik was daar sitplek vir 1 750 mense, maar met die inrig van die moederkamers is daar nou sitplek vir 1 652.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Zenzeleni en Warden 2011-sensus.
  2. (af) Kerk tot volle glorie herstel, Volksblad. 15 September 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy