Watervrees

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

Watervrees is ‘n sieklike en sielkundige angs vir water.

Gewoonlik is dit nie die water wat die vrees veroorsaak nie, maar die moontlike gevare wat met water geassosieer word. Persone wat hieraan ly, vrees versmoring as hy water drink. Gevolglik verminder dit die persoon se waterinname en het dan ‘n invloed op sy gesondheid. Swem en ander watersport is is dikwels vir so ‘n persoon onmoontlik omdat hy bang is dat hy verdrink.

Watervrees staan ook as hidrofobie en akwafobie bekend. Hidrofobie is ‘n verouderde sinoniem vir hondsdolheid. By hondsdolheid en ook by klem-in-die-kaak ervaar die pasiënt krampe wat dit soms moeilik maak om te sluk. Dus kan die persoon nie maklik drink nie en dit veroorsaak dan vrees.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy