Wildeposduif

Wildeposduif
Volwasse C. l. intermedia in Indië
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. livia
Binomiale naam
Columba livia
Gmelin, 1789
Verspreiding
Columba livia

Die wildeposduif of tuinduif (Columba livia) is verwant aan die kransduif en kom baie algemeen in Suid-Afrikaanse dorpe en stede voor.

Broeityd is dwarsdeur die jaar en die lyste en vensterbanke van hoë stadsgeboue verskaf ideale nesmaakplekke. Stadsbewoners het die vestiging van hierdie en ander duifspesies aangemoedig deur graankorrels en broodkrummels vir hulle neer te sit.[1]

Tuinduiwe is baie volop in stedelike gebiede. Hulle is waarskynlik oorspronklik van Nederland af hierheen gebring en later weer uit ander dele van Europa. Hulle word dikwels in groot swerms in stadsparke en ander groot gebiede aangetref, en is goed aangepas by die menslike leefwyse. Tuinduiwe het 'n las in baie stede geword, en is nie welkome inwoners nie, veral vanweë hulle gewoonte om die lysies en dakke van geboue met hulle mis te bevuil. Dit is van die min voëls waarvan die verspreiding byna uitsluitlik met menslike aktiwiteit saamhang.

  1. Die Suid-Afrikaanse voëlgids (4de uitgawe), John Sinclair, John Mendelsohn, 1987. P.14

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy