Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Namibië |
Streek | Khomas |
Koördinate | 22°56′S 17°09′O / 22.933°S 17.150°O |
Gestig op | 18 Oktober 1890 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 645 km² |
Hoogte bo seevlak | 1 650 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 322 500 |
- Bevolkingsdigtheid | 356,6/km² |
Tydsone | SAST (UTC+2) |
Klimaat | |
- Tipe | Woestynklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 19,2 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 23,3 / 13,1 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 367,4 mm |
Burgemeester | Job Amupanda (AR) |
Amptelike Webwerf | Windhoek |
Windhoek (Duits: Windhuk, ; Engels: Windhoek, [wɪndhʊk]; Herero: Otjomuise, letterlik: "plek van stoom"; Nama: ǀAi-ǁGams) is die sentraalgeleë hoofstad van Namibië en lê in die Khomashoogland. Die stad is ongeveer 1 700 m bo seespieël en volgens die 2001-sensus het dit 'n bevolking van 233 529 gehad. 'n Invloei van mense van oral in Namibië laat navorsers raam dat daar teen 2011 sowat 322 500 mense in Windhoek gewoon het.[1]
Weens die stad se relatiewe grootte[2] is Windhoek in alle opsigte die sosiale, ekonomiese en kulturele sentrum van die land. Feitlik elke nasionale onderneming se hoofkantoor, die Universiteit van Namibië, asook die land se enigste teater en alle groot media en finansiële liggame is hier gesetel.[3] Die Stad Windhoek se begroting is naastenby gelyk aan al die ander Namibiese plaaslike owerhede saam.[4]