Wynberg

Wynberg
Voorstad
Kaart van Wynberg
Kaart van Wynberg
Wynberg is in Cape Town
Wynberg
Wynberg
Kaart van Wynberg
Koördinate: 34°00′15″S 18°28′13″O / 34.00417°S 18.47028°O / -34.00417; 18.47028
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Metropolitaanse MunisipaliteitKaapstad
Oppervlak
 • Totaal3,75 km2 (1,45 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal14 472[1]
 • Digtheid2 900/km2 (7 400/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
7800
Skakelkodes021

Wynberg is een van Kaapstad se grootste en oudste voorstede en is geleë in 'n pragtige boomryke deel van die suidelike voorstede teen die hange van Tafelberg.

Die meer as honderd jaar oue NG kerkgebou in Wynberg

Daar is 'n pragtige park, Maynardville, wat vernoem is na 'n lid van die Kaapse Parlement, James Maynard, en wat deur die stadsraad in 1949 aangekoop is. Dit word as openbare park benut en beskik oor 'n opelug-teater waar onder meer jaarliks 'n drama deur William Shakespeare opgevoer word. Dit is ook die tuiste van die Gemeenskapskas se jaarlikse kermis. Nie ver van Maynardville nie, is die geskiedkundige gebou van die NG gemeente Wynberg, asook die Chelsea Village met sy ewe geskiedkundige kothuisies en smal, karaktervolle straatjies.

Wynberg het 'n groot verskeidenheid oudhedewinkeltjies en sy hoofstraat, wat deel is van Hoofweg wat uit die middestad tot in Vishoek loop, is 'n besige sakekern met onder meer die Maynard Mall-inkopiesentrum. Weens sy grootte, huisves Wynberg 'n wye verskeidenheid mense, van die superrykes in die boonste dele naby die berg tot heel gewone werkers aan die Kaapse Vlakte se kant.

Van die skole in die voorstad is onder meer die Laerskool Simon van der Stel en die Engelsmedium Wynberg Boys' High School en Wynberg Girls' High School.

Wynberg was 'n afsonderlike munisipaliteit totdat dit in 1927 by Kaapstad ingelyf is.

  1. Subplek Wynberg 2011-sensus

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy