XHTML

Voorbeeld van XHTML.

XHTML (Engelse afkorting vir eXtensible HyperText Markup Language) is 'n taal wat die struktuur van dokumente spesifiseer. XHTML word veral vir die stoor en oordrag van webblaaie op die Wêreldwye Web gebruik.

HTML is voor die koms van HTML5 op die SGML-standaard gebaseer. XHTML kan dieselfde inligting as HTML enkodeer, maar is op die strenger XML-standaard gebasser. As gevolg van die lakse aard van HTML, was daar onduidelikheid en inkonsekwenthede rakende die hantering van foute in 'n HTML-dokument. XHTML was 'n poging om hierdie die hoof te bied, en om sommige van die voordele van XML-tegnologieë te ontsluit vir die web. Voorbeelde van voordele wat spruit uit die gebruik van XML sluit in:

  • Die gebruik van naamruimtes. Gevolglik kan ander XML-standaarde se inligting maklik ingebed word, bv. SVG en MathML.
  • Die gebruik van 'n gewone XML-ontleder wat beter gespesifiseerde gedrag het wanneer foute teëgekom word.
  • Die moontlikheid om ander XML-sagteware en -tegnologieë te kan gebruik, bv. vir redigering, omskakeling, validering, ens.

Met die koms van HTML5 is 'n klomp van die onduidelikhede in die ontleding van HTML-dokumente egter duideliker gespesifiseer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy