Yandex

Yandex
URL Yandex.com
Kommersieel? Ja
Soort webwerf Soekenjin
Registrasie Opsioneel
Beskikbare tale Veeltalig
Eienaar Yandex
Geskep deur Arkadi Wolozj
Arkadi Borkofski
Ilja Segalowitsj
Huidige status Aktief

Yandex (Russies: Яндекс) is ’n soekenjin wat deur die Russiese korporasie Yandex besit word. In Januarie 2015 het dit 51,2% van alle internetsoektogte in Rusland hanteer, volgens Liveinternet.[1]

Yandex het verskeie gewilde eienskappe soos ’n metode om te herken wanneer ’n soektog byvoorbeeld nuus- of sportgeoriënteer is, ’n speltoetser, antivirusprogram, outomatiese voltooiing, ens.[2] Die soekenjin kan bereik word met rekenaars, selfone, tablette en ander digitale toestelle. Yandex bied ook ander gespesialiseerde webdienste.

In Mei 2010 is Yandex.com van stapel gestuur; dit is ’n platform vir die toetsing van sagteware en die verbetering van soektog in ander tale as Russies.[3]

  1. [1]. Liveinternet site. Besoek op 2015-02-03.
  2. SEC: Yandex Form F-1 Registration Statement
  3. Matt McGee, Search Engine Land. Russia’s Yandex Search Engine Goes Global. Besoek op 2011-04-30.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy