Zwitterioon

'n Aminosuur bevat beide suur (karboksielsuur) en basiese (amien) groepe. Die isomeer op die regterkant is 'n zwitterioon.
Isomere van sulfaamsuur, met die zwitterioon regs.

In chemie is 'n zwitterioon (van duits zwitter, wat beteken "hermafrodiet"), voorheen bekend as'n dipolêre ioon, is 'n molekule met twee of meer funksionele groepe, waarvan ten minste een 'n positiewe en een 'n negatiewe elektriese lading het. Om hierdie rede word zwitterione ook soms interne soute genoem.[1] Wanneer die ladings op die verskillende funksionele groepe mekaar uitbalanseer, is die molekule as 'n geheel elektries neutraal. Die pH waar dit gebeur staan bekend as die isoelektriese punt.[2][3]

In teenstelling met eenvoudige amfoteriese verbindings, wat slegs in die vorm van óf 'n kationiese óf anioniese spesie voorkom, het 'n zwitterion gelyktydig beide ioniese state.[4]

  1. IUPAC Gold Book zwitterionic compounds/zwitterions
  2. Das, Debajyoti (1978). Biochemistry (in Engels). Academic Publishers. p. 54. ISBN 9788187504825.
  3. Campbell, Mary; Farrell, Shawn (20 November 2007). Biochemistry (in Engels). Cengage Learning. p. 74. ISBN 0495390410.
  4. "Definition of amphoteric" (2014), Chemicool. Retrieved 2016-06-14.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy