.dk

.dk is die agtervoegsel van Deense domeinname. Registrasie word eksklusief deur DK Hostmaster beheer.

Om 'n nuwe .dk-domeinnaam te registreer, moet 'n aansoek by 'n amptelike registrateur ingedien word. Na goedkeuring kan die applikant vra dat die registrateur die domein bestuur of dit self via DK Hostmaster doen.

Dit is moontlik om domeinname met aksent-karakters soos æ, ø, å, ö, ä, ü, en é te registreer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy