2007 Super 14-seisoen

2007 Super 14
Amptelike logo

Deelnemende lande Vlag van Australië Australië
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Kampioen Vlag van Suid-Afrika Bulls (1ste titel)
Wedstryde gespeel 94
Drieë gedruk 440  (gem. 4.681 per wedstryd)
Meeste punte aangeteken 164 Stephen Donald (Chiefs) Vlag van Nieu-Seeland
Meeste drieë gedruk 12 JP Pietersen (Sharks) Vlag van Suid-Afrika

Die 2007 Super 14-seisoen het in Februarie 2007 afgeskop met voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit het op 30 Mei ten einde geloop. Die 2007-seisoen was die tweede van die vergrote kompetisie, wat gelei het tot die verandering van Super 12 na Super 14. Die skedule was oor ’n tydperk van 3½ maande met 94 wedstryde waarvan elke span een keer teen elk van die dertien ander spanne gespeel het (in ’n rondomtalietoernooi) plus twee halfeindrondtes en een eindrondte. Elke span het een loslootjie oor die veertien rondtes gekry.

Hierdie jaar was die eerste keer in die geskiedenis van Superugbygeskiedenis dat twee Suid-Afrikaanse spanne na die eindrondte deurgedring het. Die eindstryd is in Durban tussen die Bulls en die Sharks gespeel en die Bulls het naelskraap met 20 – 19 gewen om die eerste Suid-Afrikaanse span te word wat die Superrugbykompetisie kon wen. Daar was ook in hierdie jaar verwarring oor die insluiting van die Southern Spears-konsessie in die kompetisie. Hulle is uiteindelik nie ingesluit nie. Die seisoen is ook gekenmerk deur die afwesigheid van die All Blackspelers in die eerste helfte van die kompetisie weens ’n rusperiode wat hulle geneem het ter voorbereiding van die Rugbywêreldbeker 2007.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy