2023-Rugbykampioenskapreeks

2023-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 8 Julie - 29 Julie
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (20 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 44 (7.33 per wedstryd)
Bywoning 278 298 (46 383 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Richie Mo’unga (28)
Meeste drieë Vlag van Suid-Afrika Kurt-Lee Arendse (3)
2022
2024

Die 2023-Rugbykampioenskapsreeks was die elfde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.

Die toernooi het afgeskop op 8 Julie met Suid-Afrika teen Australië en Argentinië as gasheer vir Nieu-Seeland, en het geëindig op 29 Julie; vroeër en korter as in 2022, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word.[1][2] Die toernooi het om borgskapredes bekendgestaan as The Castle Rugby Championship in Suid-Afrika, The Fortinet Rugby Championship in Nieu-Seeland, The eToro Rugby Championship in Australië en The Zurich Rugbykampioenskap in Argentinië.[3]

Nieu-Seeland het die toernooi vir die 20ste keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Argentinië met die Poematrofee weggestap het.

  1. (en) Christy Doran (2 Januarie 2023). "Rugby News: MCG to host Bledisloe Test as Wallabies' run to World Cup revealed, new Force-hooker's French deal confirmed". The Roar. Besoek op 26 Junie 2023.
  2. (en) "Argentina Rugby Fixtures 2023". Americas Rugby News. 1 Februarie 2023. Besoek op 26 Junie 2023.
  3. (es) "UAR y Zurich extienden su acuerdo hasta 2023". Argentynse Rugbyunie. 13 Augustus 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2023. Besoek op 22 Maart 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy