45ste Oscar-toekenningsaand

  45ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 27 Maart 1973
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Carol Burnett, Michael Caine, Charlton Heston, Rock Hudson
Pryse & benoemings
Beste rolprent  The Godfather
Meeste pryse  Cabaret (8)
Meeste benoemings  The Godfather en
Cabaret (10 elk)

Die 45ste Oscar-toekenningsaand is op 27 Maart 1973 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1972. Die aanbieders was Carol Burnett, Michael Caine, Charlton Heston en Rock Hudson.

Op dié seremonie het Marlon Brando vir Sacheen Littlefeather na die verhoog gestuur om te verduidelik hoekom hy nie sy Oscar vir beste akteur vir The Godfather in ontvangs sou neem nie. Charlie Chaplin het in dié jaar ook sy eerste prys gewen waarvoor hy met ander moes meeding – vir beste oorspronklike musiek vir sy 20 jaar oue prent Limelight. Die prent het in aanmerking gekom omdat dit nie voor 1972 in Los Angeles vertoon is nie.[1][2] Chaplin het in 1929 en 1972 erepryse ontvang.

Cabaret, Bob Fosse se weergawe van die Broadway-musiekblyspel, het ’n rekord opgestel vir die meeste Oscars sonder om die prys vir beste rolprent te wen.

  1. Bruce Russell (28 Maart 1973). "Cabaret shades Godfather". Reuter. Besoek op 9 Junie 2013.
  2. Bret Wood. "Limelight". TCM. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2013. Besoek op 9 Junie 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy