76ste Golden Globe-toekenningsaand

  76ste Golden Globe-aand 

Datum 6 Januarie 2019
Plek The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië
Aanbieder Sandra Oh
Andy Samberg[1]
Beste rolprente en reekse
Rolprent  Bohemian Rhapsody (drama)
Green Book (komedie of musiekspel)
TV-reeks  The Americans (drama)
The Kominsky Method (musiek of komedie)
Minireeks of TV-prent  The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story
Meeste pryse  Green Book (3)
Meeste benoemings  Vice (6)

Die 76ste Golden Globe-toekenningsaand vir die beste rolprente en televisieprogramme van 2018, soos deur die Hollywood Foreign Press Association gekies is, op 6 Januarie 2019 in The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië gehou.[2] Die aanbieders was die akteurs Sandra Oh en Andy Samberg.[1]

Die benoemdes is op 6 Desember 2018 aangekondig.[2][3] ’n Nuwe niemededingende prys, die Carol Burnett-prys, is vir die eerste keer toegeken met Carol Burnett self wat die eerste ontvanger daarvan was.[4]

Green Book het die meeste pryse (3) gewen, insluitende die Golden Globe vir die beste rolprent – musiek of komedie. Bohemian Rhapsody en Roma het elk twee pryse gewen. In die televisieafdeling het The Kominsky Method en The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story die meeste pryse (2 elk) gewen.[5] Jeff Bridges het die Cecil B. DeMille-prys ontvang vir sy lewenslange bydrae tot die vermaakbedryf.[6]

  1. 1,0 1,1 Andreeva, Nellie (5 Desember 2018). "Golden Globes: Andy Samberg & Sandra Oh To Co-Host 2019 Awards On NBC". Deadline Hollywood (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2020. Besoek op 6 Desember 2018.
  2. 2,0 2,1 Andreeva, Nellie (14 September 2018). "NBC To Remain Golden Globes Home With New 8-Year Deal". Deadline Hollywood (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2019. Besoek op 2 Desember 2018.
  3. Rubin, Rebecca (4 Desember 2018). "Presenters Announced for Thursday's Golden Globe Nominations". Variety (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2020. Besoek op 4 Desember 2018.
  4. Carol Burnett to Receive HFPA's First Award for Achievement in TV.
  5. Barnes, Brooks (6 Januarie 2018). "Golden Globes 2019: 'Bohemian Rhapsody' and 'Green Book' Share Spotlight". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2020. Besoek op 7 Januarie 2018.
  6. "Jeff Bridges accepts Cecil B. DeMille Award". CNN (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2019. Besoek op 7 Januarie 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy