Achajers

’n Kaart van die Miceense beskawing, 1400-1100 v.C.

Die Achajers (Grieks: Ἀχαιοί, Akhaioí) is een van die name vir die Grieke wat in Homeros se Ilias (598 keer) en Odussee voorkom. Ander algemene name vir hulle is die Danaërs (Δαναοί, Danaoi; 138 keer in die Ilias) en Argeërs (Ἀργεῖοι, Argeioi; 182 keer in die Ilias). Al dié name is as sinonieme gebruik vir die algemene Griekse beskawing.[1] In die historiese tydperk was die Achajers die inwoners van die streek Achaje, in die noordelike Sentraal-Peloponnesos. Die stadstate van die streek het later ’n konfederasie gestig bekend as die Achajerbond, wat in die 3de en 2de eeu v.C. invloedryk was.

  1. Nagy 2014

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy