Alifatiese verbinding

Aromatiese furaan (links) en alifatiese tetrahidrofuraan (regs)
Nie-sikliese alifatiese / nie-aromatiese verbinding (butaan)
Sikliese alifatiese / nie-aromatiese verbinding (siklobutaan)

In organiese chemie word koolwaterstowwe (verbindings wat slegs uit koolstof en waterstof bestaan) in twee klasse verdeel: aromatiese verbindings en alifatiese verbindings (van Grieks aleiphar wat vet of olie beteken), ook bekend as nie-aromatiese koolwaterstowwe. Alifatiese verbindings kan siklies wees maar koolwaterstowwe met gekonjugeerde pi-stelsels wat Hückel se reel gehoorsaam word egter beskou as aromaties.[1] Alifatiese verbindings kan versadig wees, soos heksaan, of onversadig, soos hekseen en heksyn. Oopkettingverbindings (hetsy reguit of vertak) bevat geen ringe van enige aard nie en is dus alifaties.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aliphatic

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy