Allan Donald

Allan Donald
Allan Donald in 2013
Volle naam Allan Anthony Donald
Gebore 20 Oktober 1966 (1966-10-20)
Bloemfontein, Suid-Afrika
Bynaam(e) "White Lightning"
Kolfstyl Regterhandig
Boulstyl Regterarm snelbouler
Rol Bouler
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 238) 18 April 1992 v Wes-Indië
Laaste Toets 24 Februarie 2002 v Australië
EDI debuut (no 2) 10 November 1991 v Indië
Laaste EDI 27 Februarie 2003 v Kanada
EDI hempno. 10
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
1985/86–2003/04 Vrystaat Krieketspan
1985/86–1986/87 Impalas
1987–2000 Warwickshire County Cricket Club
2002 Worcestershire County Cricket Club
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI 1e rang A-lys
Wedstryde 72 164 316 458
Lopies aangeteken 652 95 2,785 544
Kolfgemiddeld 10.68 4.31 12.05 7.88
100s/50s 0/0 0/0 0/1 0/0
Hoogste telling 37 13 55 23
Aflewerings geboul 15,519 8,561 58,801 22,856
Paaltjies 330 272 1,216 684
Boulgemiddeld 22.25 21.78 22.76 21.84
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 20 2 68 11
10 paaltjies in 'n wedstryd 3 0 9 0
Beste boulontleding 8/71 6/23 8/37 6/15
Vangskote/Stonkings 18/– 28/– 115/– 74/–
Bron: Cricinfo, 4 Julie 2009

Allan Anthony Donald (gebore 20 Oktober 1966 in Bloemfontein) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler, wat nou krieket afrig. Sy bynaam is 'White Lightning' en hy word as een van die Proteas se suksesvolste boulers beskou. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1992, 1996, 1999 en 2003, asook die Kampioenetrofeë in 2000 en 2002 vir Suid-Afrika gespeel.

'n Grafiek wat Donald se toetsloopbaan-boulstatistieke toon.

Hy was een van die beste snelboulers in toetskrieket. Hy was bo-aan die IKR se toetsranglys in 1998. Sedert sy aftrede in 2002 was Donald 'n afrigter vir 'n aantal spanne. Allan Donald is in Julie 2019 in die IKR se Heldesaal opgeneem.[1]

  1. (en) "Sachin Tendulkar, Allan Donald, Cathryn Fitzpatrick inducted in ICC Hall of Fame". ESPNcricinfo. 19 Julie 2019. Besoek op 23 Augustus 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy