Alzheimersiekte

Alzheimersiekte
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Vergelyking tussen ’n gewone verouderde brein (links) en die brein van iemand met Alzheimer.
’n Vergelyking tussen ’n gewone verouderde brein (links) en die brein van iemand met Alzheimer.
ICD-10 G30, F00
ICD-9 331.0, 290.1
OMIM 104300
DiseasesDB 490
MedlinePlus   000760
eMedicine neuro/13
MeSH D000544
Mediese waarskuwing

Alzheimersiekte is 'n progressiewe neurodegeneratiewe siekte met kenmerkende kliniese en patologiese tekens.

Dit kan in die vroeë stadiums moeilik wees om te onderskei van kognitiewe agteruitgang in die normale brein verwant aan veroudering. Die deurlopende agteruitgang in geheue, vloei van spraak en ruimtelike oriëntasie lei egter tot toenemende inkorting van onafhanklikheid en uitvoerende vermoëns. In die vroeëre stadiums kan depressie en angstigheid ook die beeld kompliseer, maar dit verminder namate toenemende verlies aan insig volg.

In die middelstadiums van die siekte raak selfsorg toenemend 'n probleem en al hoe meer toesig is nodig om ook veiligheid te verseker. In die laat stadiums word deurlopende verpleegsorg in 'n sorgeenheid gewoonlik aanbeveel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy