Amerikaanse eland

Amerikaanse eland
’n Ram.
’n Ooi.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Alces

(Gray, 1821)
Spesie:
A. alces
Binomiale naam
Alces alces
(Linnaeus, 1758)
Verspreidingskaart.

Die Amerikaanse eland (Engels: moose) of Europese eland (elk) is die grootste oorlewende spesie in die familie Cervidae (Hertagtiges). Hul wetenskaplike naam is Alces alces. Hulle word uitgeken aan die blaarvormige gewei van die ramme; ander lede van die familie het takvormige gewei. Die dier se habitat is hoofsaaklik noordelike en gemengde bladwisselende woude in gematigde tot subarktiese klimaatstreke in die Noordelike Halfrond.

Die dier se hougebied was tradisioneel groter, maar jag en ander menslike bedrywighede het dit oor die jare taamlik laat krimp. Hulle word nou in sekere van hul vorige habitats heringestel. Die diere word tans in Kanada, Alaska, Skandinawië en Rusland aangetref. Hul dieet bestaan uit aard- en waterplante. Hul grootste vyande is wolwe, bere en mense. Anders as ander herte is dit ’n alleendier wat nie troppe vorm nie. Hoewel hulle gewoonlik stadig beweeg, kan hulle aggressief raak en verbasend vinnig beweeg as hulle kwaad word of skrik. Hul paartyd in die herfs kan lei tot skouspelagtige gevegte tussen ramme wat meeding om die aandag van die ooie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy