Amoriete

Wigskriftablette van die Amoritiese koninkryk Mari, eerste helfte van die 2de millennium v.C.

Die Amoriete (Sumeries: 𒈥𒌅 MAR.TU; Akkadies: Amurrūm of Tidnum; Egipties: Amar; Hebreeus: אמורי ʼĔmōrī; Grieks: Ἀμορραῖοι) was ’n antieke Noordwes-Semitiessprekende volk[1] van die Levant wat van die 21ste eeu v.C. tot die einde van die 17de eeu v.C. ook groot dele van Suid-Mesopotamië beset het. Hier het hulle verskeie prominente stadstate op bestaande terreine gevestig, soos Isin, Larsa en later Babilon, wat van ’n klein dorp opgebou is tot ’n onafhanklike staat en groot stad. Die term Amurru in Akkadiese en Sumeriese tekste verwys na die Amoriete, hulle hoofgod en ’n Amoritiese koninkryk.

Die Amoriete word ook in die Bybel genoem as inwoners van Kanaän, beide voor en ná die verowering van die gebied onder Josua.

  1. "Amorite (people)". Encyclopædia Britannica online. Encyclopædia Britannica Inc. Besoek op 30 November 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy