Amphiprioninae

Anemoonvisse
Ocellaris clownfish, Amphiprion ocellaris
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Subfamilie:
Amphiprioninae
Genera

Amphiprion Bloch & Schneider, 1801
Premnas Cuvier, 1816

Die Anemoonvisse is 'n subfamilie Amphiprioninae van visse wat hoort tot die familie Pomacentridae. Die subfamilie bestaan uit dertig spesies waarvan 29 tot die genus Amphiprion en een tot die genus Premnas hoort. Al die spesies vorm simbiotiese verhoudings met seeanemone. In Engels staan hulle ook as Clownfish bekend.

Oor die algemeen is die visse geel, oranje of rooi van kleur met strepe of vlekke op. Die grootste word tot 18 cm lank en die kleinste is beswaarlik 10 cm lank.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy