Anchorage

Anchorage

Kaart Wapen
Vlag
 Land Verenigde State
 Deelstaat Alaska
 Koördinate 61°13′N 149°53′W / 61.217°N 149.883°W / 61.217; -149.883
 Gestig in 1914/1915
 Geïnkorporeer op 23 November 1920
 Oppervlakte:  
 - Totaal 5 079,2 vk km
 Hoogte bo seevlak 115 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 282 813
 - Bevolkingsdigtheid 63,4/vk km
 - Metropolitaanse gebied 359 180
 Tydsone UTC -9 | Somertyd: UTC -8
 Burgemeester Dan Sullivan (R)
 Amptelike Webwerf www.muni.org

Anchorage (letterlik: "ankerplek") is 'n stad in die Amerikaanse deelstaat Alaska. Met 'n bevolking van 260 283 (volgens die 2000-sensus) is Anchorage die grootste stad en ekonomiese sentrum van die deelstaat Alaska. 'n Bietjie minder as die helfte van die deelstaat se bevolking woon hier.

Anchorage lê in Suid-Sentraal-Alaska, 61 grade noord (omtrent dieselfde as Stockholm en Sint Petersburg). Dit was aanvanklik 'n konstruksiekamp vir die bou van die Alaska Spoorweg. Teen 1920 het dit só gegroei dat dit amptelik as 'n stad geproklameer is. Vandag is die hawestad die middelpunt van die streek se olie- en gasbedryf.

Op 27 Maart 1964 skud 'n hewige aardbewing, wat 9,2 op die Richterskaal gemeet het, die stad. Grootskaalse grondverskuiwings en 'n tsoenami berokken groot skade, en 125 mense verloor hulle lewens in die natuurramp. Die maksimum aantal verdiepings vir nuwe geboue is na die aardbewing tot 21 beperk.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy