Andries Hendrik Potgieter

Andries Hendrik Potgieter
Portret van Andries Hendrik Potgieter rondom 1851–1852 in Lourenço Marques, Delagoabaai.
Gebore19 Desember 1792
Sterf16 Desember 1852
BeroepBevelvoerende generaal
EggenootElizabeth Helena Botha (ca. 1795–1841)
Kinders13, sommige het jonk gesterf
Pieter Johannes (1822–1854), Bevelvoerende generaal by Makapansgat
Andries Hendrik (1831–), veldkornet, lid van die Volksraad
Ouer(s)Hermanus Philippus Potgieter (1765–1871)
Petronella Margaretha Krugel (ca. 1773–1802)

Andries Hendrik Potgieter, leier van die tweede groot trekgeselskap wat die Kaapkolonie verlaat het, is op 19 Desember 1792 in die distrik Graaff-Reinet gebore as seun van Hermanus Potgieter en Petronella Margaretha Kruger. Later het hy in die distrik Tarka gewoon, waar hy ’n man van aansien was. Volgens die beskrywing van tydgenote was hy ’n groot man van oor die ses voet, sterk gebou en met ’n indrukwekkende maar vriendelike voorkoms. Sy baard en hare was donkerbruin met ’n rooi skynsel, en tot ongeveer middelbare leeftyd het hy sy hare om die kop met ’n rand geskeer. Volgens die biografie van Potgieter en Theunissen was hy meestal in blou molvel of swart laken gekleed en het in die week ’n breërand-strooihoed gedra, maar met plegtighede het hy ’n vaal hoëbol-keil gedra en ’n kort broek wat net onder sy knieë met silwergespes vasgehou is.

Hy was ’n man met ’n goeie insig in sake, en hoewel vriendelik en minsaam in die omgang, het hy geweet hoe om gehoorsaamheid van sy onderhoriges af te dwing.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy