Anekdotiese bewyse

Anekdotiese bewyse is getuienis uit staaltjies: bewyse wat op 'n informele manier versamel is en wat baie of geheel en al op persoonlike getuienis staatmaak.

Die term word soms in 'n wettige konteks gebruik om sekere soorte getuienis of bewyse te beskryf wat nie afkomstig van onafhanklike, betroubare, objektiewe bronne is nie.

In vergelyking met ander soorte bewyse, word anekdotiese bewyse oor die algemeen as beperk in waarde beskou as gevolg van 'n aantal potensiële swakhede, maar dit kan binne die bestek van wetenskaplike metode beskou word, aangesien sommige anekdotiese bewyse empiries en verifieerbaar kan wees, byvoorbeeld in die gebruik van gevallestudies in medisyne. Ander anekdotiese bewyse kwalifiseer egter nie as wetenskaplike bewyse nie, omdat die aard daarvan verhoed dat dit volgens die wetenskaplike metode ondersoek word.

Waar slegs een of enkele anekdote aangebied word, is daar 'n groter kans dat dit onbetroubaar kan wees as gevolg van kersiespluk of dat hulle andersins nie-verteenwoordigende voorbeelde van tipiese gevalle is nie.[1][2] Op dieselfde manier het sielkundiges gevind dat mense weens vooroodeel meer geneig is om noemenswaardige of ongewone voorbeelde eerder as tipiese voorbeelde te onthou.[3] Selfs wanneer dit akkuraat is, is anekdotiese getuienis nie noodwendig verteenwoordigend van 'n tipiese ervaring nie. Statistiese bewyse word vereis om akkuraat to bepaal of 'n staaltjie tipies is.[4] Misbruik van anekdotiese getuienis is 'n informele dwaling en word soms na verwys as die "persoon wie"-dwaling: "Ek ken 'n persoon wie..."; "Ek weet van 'n geval waar ...", ens. Dit plaas dan onbehoorlike gewig op ervarings van naaste eweknieë, wat miskien nie tipies is nie.

In alle vorme van anekdotiese bewyse kan die betroubaarheid daarvan bevraagteken word deur objektiewe, onafhanklike beoordeling. Dit is 'n gevolg van die informele manier waarop die inligting versamel, gedokumenteer en aangebied word, of enige kombinasie van die drie. Die term word dikwels gebruik om getuienis te beskryf waarvoor daar nie dokumentasie is nie, en die bevestiging daarvan hang af van die geloofwaardigheid van die persoon wat die getuienis aanbied.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Weiten
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Goodwin
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Gibson
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Schwartz

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy