Angkor Thom

Angkor Thom
Die noordelike poort van Angkor Thom.
Die noordelike poort van Angkor Thom.
Koördinate 13°26′28.2″N 103°51′31.8″O / 13.441167°N 103.858833°O / 13.441167; 103.858833
Plaaslike naam  អង្គរធំ
Land Vlag van Kambodja Kambodja
Soort Argeologiese terrein
Streek Suidoos-Asië
Geskiedenis
Bouer Jayavarman VII
Gestig Laat 12de eeu (voltooi)
Tydperk Middeleeue
Kulture Khmer-ryk
Bewoners Dalk 80 000 tot 150 000

Angkor Thom (Khmer: អង្គរធំ; letterlik "Groot Stad") of, dalk meer korrek, Nokor Thom (នគរធំ) in die huidige Kambodja was die laaste en langste hoofstad van die Khmer-ryk. Dit is in die 12de eeu deur koning Jayavarman VII gestig.[1]:378–382[2]:170 Dit beslaan ’n gebied van 9 km2 en bevat verskeie monumente van vroeëre tydperke sowel as dié wat deur Jayavarman en sy opvolgers laat bou is.

In die middel van die stad is Jayavarman se staatstempel, die Bayon. Die ander belangrike terreine is om Oorwinningsplein net noord daarvan geleë.

  1. Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., ISBN 9786167339443
  2. Coedès, George (1968). Walter F. Vella (red.). The Indianized States of Southeast Asia. vert. Susan Brown Cowing. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-0368-1.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy