Anna Politkofskaja

Anna Stepanowna Politkofskaja
А́нна Степа́новна Политко́вская
Anna Politkofskaja in 2005.
Anna Politkofskaja in 2005.
Gebore Anna Stepanowna Mazepa
30 Augustus 1958, New York Stad
Oorlede 7 Oktober 2006, Moskou
Beroep Joernalis, skrywer
Nasionaliteit Oekraïense afkoms
(Russiese en Amerikaanse burgerskap)
Periode 1982–2006
Onderwerpe Politiek, persvryheid, menseregte, maatskaplike kwessies
Bekende werke Putin's Russia: Life in a Failing Democracy en ander
Toekennings Amnestie Internasionaal se Global Award for Human Rights Journalism (2001) en ander

Anna Politkofskaja (Russies: А́нна Политко́вская; 1958–2006) was ’n Russiese joernalis, skrywer en menseregte-aktivis wat bekend was vir haar teenkanting teen die Tsjetsjniese konflik en die eertydse president Wladimir Poetin.[1] Op 7 Oktober 2006 is sy doodgeskiet in die hyser van haar woonstelblok, ’n onopgeloste[2] sluipmoord wat steeds internasionale belangstelling wek.[3][4]

Politkofskaja het bekend geword danksy haar beriggewing oor Tsjetsjnië.[5] Haar konstante stroom artikels ná 1999 oor toestande in Tsjetsjnië het later verskeie boeke geword wat meestal oorsee gepubliseer is. Russiese lesers het haar egter leer ken deur haar ondersoeke wat in die Russiese koerant Nowaja Gazeta gepubliseer is. Sedert 2000 het sy verskeie gesaghebbende internasionale toekennings vir haar werk ontvang.

In 2004 het sy ’n persoonlike siening van die Rusland onder Poetin gepubliseer met die naam Putin's Russia.[6]

Politkofskaja het ’n Amerikaanse paspoort gekry, maar nooit haar Russiese burgerskap prysgegee nie.[7]

  1. World Politics Review LLC, "Politkovskaya's Death, Other Killings, Raise Questions About Russian Democracy" Geargiveer 2 Oktober 2009 op Wayback Machine, 31 Oktober 2006
  2. Gilman, Martin (16 Junie 2009). ""Russia Leads Europe In Reporter Killings"" (in Russies). Moscowtimes.ru. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2009. Besoek op 8 Augustus 2009.
  3. The State of the World's Human Rights, Amnestie Internasionaal 2009, verslag van Jan.-Des. 2008, p. 272
  4. "Anna Politkovskaya: Putin's Russia" (in Engels). BBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2019. Besoek op 9 Oktober 2006.
  5. "Anna Politkovskaya, crusading Russian journalist", doodsberig (David Hearst), 9 Oktober, Guardian
  6. Ná haar dood in Rusland gepubliseer op die webtuiste van Nowaja Gazeta «Новая газета» Путинская Россия[dooie skakel]
  7. "'Independent journalism has been killed in Russia' Becky Smith" (in Engels). Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2007. Besoek op 8 Augustus 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy