Antiope

Jupiter en Antiope, Hendrik Goltzius (omstreeks 1616).
Jupiter en Antiope, deur Antoine Watteau.

Antiope was in die Griekse mitologie die dogter van die riviergod Asopos, volgens Homeros.[1] Haar skoonheid is raakgesien deur Zeus, wat hom soos ’n sater vermom en haar verkrag het.[2] Daarna het Epopeus haar ontvoer en geweier om haar te laat gaan totdat haar oom, Lukos, hom gedwing het.

  1. Homeros, Odussee. xi. 260
  2. Apollodorus Bibliotheke iii. 5

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy