Ararat

Ararat
Die berg Ararat, soos gesien vanuit die weste Die berg Ararat, soos gesien vanuit die weste
Ligging Provinsie Ağrı, Turkye; histories: Wes-Armenië
Hoogte 5 137 meter bo seevlak
Reeks Alleenstaande berg in die Ararathoogland
Koördinate 39°42′7″N 44°17′50″O / 39.70194°N 44.29722°O / 39.70194; 44.29722
Bergtipe Stratovulkaan
Laaste uitbarsting Julie 1840 (aardbewing)
Eerste bestyging 1829
Eerste bestyger(s) Dr. J.J. Friedrich Parrot jun.
Ligging van Ararat op 'n kaart (Turkye)
Ararat
Ararat

Die berg Ararat (Turks: Ağrı Dağı, Armeens: Մասիս Masis of Արարատ Ararat, Grieks: Αραράτ, Hebreeus: אררט, Koerdies: Agirî, Persies: آرارات) is 'n alleenstaande berg in die uiterste noordooste van Turkye wat deur hoë vlaktes omring word. Die berg, wat nie ver van die grense met Armenië, Azerbeidjan en Iran geleë is nie, het twee vulkaniese pieke: Die sneeubedekte Groot Ararat (5 137 m) en Klein Ararat (3 914 m). Ararat is die hoogste bergpiek in Turkye en in die hele Armeense Hoogland. Die twee pieke maak sedert 2004 deel uit van 'n nasionale park.

Ararat is 'n sluimerende vulkaan, en alhoewel daar geen uitbarstings in historiese tye aangeteken is nie, neem navorsers aan dat die piek wél in die laaste 10 000 jaar uitgebars het. Aangesien die vulkaan veraf van enige tektoniese plaatgrens geleë is, is daar tans nog geen wetenskaplike verklarings vir Ararat se vulkaniese aktiwiteit nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy