Die Argentynse Grand Prix (Spaans: Gran Premio de Argentina) was 'n rondte van die Formule Een-wêreldkampioenskap, met tussenposes gehou van 1953-1998, almal op dieselfde renbaan in Argentinië se hoofstad Buenos Aires. Hoewel dit nie meer op die Formule Een-kalender verskyn nie, het die wedren 'n lang en uiteenlopende geskiedenis. Die Argentynse president Juan Perón was self die dryfkrag agter die skepping van die baan, nadat hy die sukses van die land se eie Juan Manuel Fangio beleef het.