Atherton Plato

Die Mount Hypipamee Krater op die Atherton Plato.

Die Atherton Plato (Engels: Atherton Tablelands) is 'n vrugbare plato wat deel vorm van die Groot Skeidingsgebergte in Queensland, Australië. Dit is wes tot suid-suidwes binnelands vanaf Cairns geleë, diep in die trope maar sy hoë ligging gee daaraan 'n klimaat wat dit geskik maak vir melkboerdery. Die gebied beslaan 'n oppervlakte van ongeveer 32 000 km² met 'n gemiddelde hoogte van tussen 600 tot 900 m bo seevlak.

Die hoofrivier wat oor die plato vloei is die Barronrivier wat deur die Tinaroomeer opgedam word om besproeingsboerdery te bevorder.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy