Avro Lancaster

Avro Lancaster
Tipe Strategiese bomwerper
Vervaardiger Avro
Nooiensvlug 9 Januarie 1941
Bekendstelling 2 Maart 1942
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Britse Lugmag
Ontwikkel van Avro Manchester

Die Avro Lancaster is 'n Britse viermotorige bomwerper. Die vliegtuig het tydens Tweede Wêreldoorlog homself bewys as 'n pakesel wat baie vyandelike vuur kon verduur. Die vliegtuig is ontwikkel uit die onsuksesvolle Avro Manchester, 'n tweemotorige bomwerper. Die eerste prototipe is die Manchester III genoem. Dit het ook drie stertvinne gehad maar was met vier 1 130 perdekrag Rolls-Royce Merlin X motors toegerus. Hierdie prototipe het op 9 Januarie 1941 sy nooiensvlug onderneem. Nege maande later het die eerste produksiemodel, die MK I, gevlieg en op 2 Maart 1942 het die Lancaster sy eerste vlug in aksie onderneem en agt dae later bomme oor Essen neergelaat.

Die vliegtuig is ook bekend vir die Tallboy, Grand Slam en tollende bomme wat hulle gedra het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy