Baard

Paul Kruger met sy kenmerkende nekbaard.
’n Hindoe-geestelike met ’n ongeknipte volbaard en snor.

’n Baard is hare wat op die ken, bolip, wange en nek van die mens en sommige diere groei. By mense is dit gewoonlik net tienerseuns en volwasse mans wat baarde kan groei. Sommige vroue kan egter ook ’n baard ontwikkel. Wanneer onderskei word tussen die boonste en onderste deel van gesigshare, sluit die woord "baard" gewoonlik die snor uit.

Deur die loop van die geskiedenis is allerlei eienskappe toegeken aan mans met baarde, soos wysheid, manlikheid, seksuele viriliteit of ’n hoër status; baarde kan egter veral in moderne tye beskou word as nie skoon nie of ’n gebrek aan afronding.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy