Barion

Drie kwarke vorm ’n barion.

’n Barion is ’n subatomiese deeltjie wat uit ’n ongelyke getal kwarke bestaan – minstens drie.[1] Hulle word ook as fermione geklassifiseer, met ander woorde deeltjies met ’n halftallige spin (s=12, s=32, s=52, ensovoorts).

Bekende voorbeelde is die proton en neutron. Die naam "barion" kom van die Griekse woord vir "swaar" (βαρύς, barys), omdat hulle in die tyd toe hulle dié naam gekry het, ’n groter massa gehad het as die meeste bekende deeltjies.

Elke barion het ’n ooreenstemmende antideeltjie (antibarion), waar die ooreenstemmende antikwarke die kwarke vervang. ’n Proton bestaan byvoorbeeld uit twee opkwarke en een afkwark; sy ooreenstemmende antideeltjie, die antiproton, bestaan uit twee op-antikwarke en een af-antikwark.

  1. Gell-Mann, M. (1964). "A schematic model of baryons and mesons". Physics Letters. 8 (3): 214–215. Bibcode:1964PhL.....8..214G. doi:10.1016/S0031-9163(64)92001-3.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy