Basidiomycota

Basidiomisete
Basidiomisete uit Ernst Haeckel se Kunstformen der Natur van 1904.
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Fungi
Subkoninkryk: Dikarya
Divisie: Basidiomycota
Moore, R.T. 1980[1]
Klasse
Agaricomycotina
Pucciniomycotina
Ustilaginomycotina
Klas Incertae sedis (geen onderverdeling)
Wallemiomisete

Die basidiomisete (Latyn: Basidiomycota) is 'n filum met ongeveer 30 000 lewende spesies, ongeveer 'n derde van alle fungi.[2] Hierdie groep omvang sampioene, brandswamme (Eng. smuts) en roesswamme (Eng. rusts).[2] Die basidiomisete is belangrike bydraers tot die funksionering van die ekosisteem en is belangrike afbrekers van verskillende komponente in hout, insluitend lignien.[2]

Die basidiomisete, tesame met askomisete, vorm die subkoninkryk dikaria binne die koninkryk Fungi.[3] Daar word dikwels na die basidiomisete en askomisete as die “hoër fungi” verwys.[3]

Basidiomisete is filamentagtige parasiete wat uit hifes (ook genoem swamdrade) bestaan, met die uitsondering van basidiomiseet-giste. Hulle vermeerder fisiek deur die ontwikkeling van eiesoortige knuppelvormige eindselle, wat basidia genoem word, en gereeld uitwendige meiospore (gewoonlik vier) vorm.[3] Hierdie spesifieke spore word basidiospore genoem.[3]

  1. Moore, R. T. (1980). "Taxonomic proposals for the classification of marine yeasts and other yeast-like fungi including the smuts". Botanica Marina. 23: 371.
  2. 2,0 2,1 2,2 László G. Nagy, Gergely Szöllősi, Fungal Phylogeny in the Age of Genomics: Insights Into Phylogenetic Inference From Genome-Scale Datasets, Advances in Genetics, Volume 100, 2017, pp. 49-72
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 https://www.longdom.org/open-access/classification-of-basidiomycota.pdf

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy