Beesstert

Beesstert, gereed vir gaarmaak
Gestowe beesstert
Beesstertsop

Beesstert (oxtail) is die kulinêre naam vir die stert van geslagde diere. Voorheen het dit slegs verwys na die stert van 'n gekastreerde manlike bees, 'n os. 'n Volle beesstert weeg gewoonlik 1-1,8 kg (2-4 lbs.) en bestaan uit die ronde stertwerwels met 'n klein hoeveelheid spierweefsel (vleis) rondom geheg. Dit word ontvel en in kort lengtes gesny (tussendeur die werwels), gereed vir die kliënt.

Beesstert is 'n bebeende, gelatien-ryke vleis, wat gewoonlik stadig gaargemaak word as 'n stowe of bredie. Dit is ook 'n tradisionele voorraadbasis vir 'n sop. Hoewel die tradisionele voorbereiding dikwels ure se stadige kook benodig het, het moderne metodes 'n kortpad gevind deur die gebruik van 'n drukkoker. Dit verskaf 'n gewilde geur vir poeiersop, kitssop en geblikte sop in die Verenigde Koninkryk en vele lande.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy