Belfast

Hierdie artikel handel oor Belfast in Noord-Ierland. Vir die dorp in Mpumalanga, sien Belfast, Mpumalanga.

Belfast
Béal Feirste
Bilfawst • Bilfaust

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 Land (VK) Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland
 Distrik City of Belfast
 County County Antrim
County Down
 Koördinate 54°36′N 5°56′W / 54.600°N 5.933°W / 54.600; -5.933
 Stigting Vroeë 17de eeu
 Stadstatus 1888
 Oppervlakte:  
 - Totaal 115 km²
 Hoogte bo seevlak 67 m
 Bevolking:  
 - Totaal (City of Belfast) 281 000[1]
 - Totaal (ná hervorming in 2015) 333 871
 - Bevolkingsdigtheid 2 443,5/vk km
 - Urban Area 483 418
 - Metropolitaanse gebied 641 638
 Tydsone UTC +0 (GMT)
 - Somertyd UTC +1 (BST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9,1 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 3,8 / 14,7 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 846 mm
 Lord Mayor (2019–20) Cllr John Finucane
 Amptelike webwerf Belfast

Belfast (Iers-Gaelies: Béal Feirste, letterlik: "monding van die sandbanke";[2] Ulster-Skots: Bilfawst of Bilfaust; Skots-Gaelies: Beul Feirste) is die hoofstad en grootste stad van Noord-Ierland,[3] een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk, met 'n oppervlak van 115 vierkante kilometer en 'n bevolking van 281 000 volgens die sensus van 2011 (333 871 ná die munisipale hervorming in 2015). Die metropolitaanse gebied van Belfast (Belfast Metropolitan Urban Area) het 'n bevolking van 641 638.

Belfast se stadsaal is in die neobarok-styl ontwerp en vanaf 1898 tot 1906 opgerig
Uitsig oor Belfast vanaf Stormont
Stappers geniet die uitsig oor Belfast vanaf Black Mountain
Die interieur van die Titanic Belfast-museum
Titanic Belfast word groen belig ter geleentheid van Sint Patricksdag

Die naam Belfast is afgelei van die Iers-Gaeliese Bél Feirste ("monding van die Farset", die Ierse term feirste verwys na 'n sandbank of 'n sanderige fjord). Die stad was oorspronklik teen die Farsetrivier geleë, maar intussen is die Lagan die belangrikste rivier van Belfast. Die Farsetrivier vloei tans onder High Street en het byna in vergetelheid geraak.

Die vroegste nedersettings in die gebied dateer uit die Bronstydperk. Vanaf die 18de eeu het Belfast tot 'n belangrike stedelike sentrum in Ierland gegroei wat vandag as die administratiewe hoofstad van Noord-Ierland dien. Die nywerheidsomwenteling het van die stad 'n belangrike industriële en handelspilpunt gemaak waaraan vanweë sy indrukwekkende 19de eeuse argitektuur die bynaam Athene van die Noorde[4] gegee is, maar in die laat 20ste eeu het sy tradisionele nywerheidsbedrywe, waaronder skeepsbou, 'n groot mate van agteruitgang beleef.

Die politieke geskiedenis van Belfast is deur die konflik tussen die Protestantse en Rooms-Katolieke gemeenskappe oorheers waardeur die stad in "Protestantse" en "Katolieke" woongebiede verdeel is. Met die ondertekening van 'n vredesooreenkoms vir Noord-Ierland, die sogenaamde Goeie Vrydagooreenkoms van 10 April 1998, het die konflikpartye hul steun vir vreedsame ontwikkeling bevestig en sodoende die pad vir ekonomiese groei en die regenerasie van die middestad en die dokgebiede gebaan.

  1. (en) Northern Ireland Statistics & Research Agency: Sensus van 2011 Geargiveer 25 Desember 2018 op Wayback Machine
  2. (en) Royal Mint – Belfast
  3. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  4. (de) Baedeker Allianz Reiseführer Großbritannien und Nordirland. 5de uitgawe. Ostfildern: Karl Baedeker 1994, bl. 156

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by razib.in