Beloselski-Belozerski-paleis

Die Beloselski-Belozerski-paleis gesien vanaf die Nefski-prospekt.
Die paleis vanaf die Anitsjkof-brug oor die Fontanka-rivier (1850's).

Die Beloselski-Belozerski-paleis (Russies: Дворе́ц Белосе́льских-Белозе́рских; voor die Russiese Rewolusie ook bekend as die Paleis van Groothertogin Elizabeth Fjodorowna, die Sergei-paleis en die Dmitri-paleis) is ’n Nieu-Barok-paleis op die kruising van die Fontanka-rivier en Nefski-prospekt in Sint Petersburg, Rusland. Die malvapienk paleis lyk baie soos die Stroganof-paleis wat in die 1750's deur Bartolomeo Rastrelli ontwerp is en aan die ander kant van die Newarivier geleë is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy