Bergrivier

Bergrivier
Die Bergrivierdam
Die Bergrivierdam
Die Bergrivierdam
Oorsprong Wes-Kaap, Suid-Afrika
Monding Atlantiese Oseaan
Stroomgebied Wes-Kaap, Suid-Afrika
Lengte 294 kilometer
'n Treinbrug oor die Bergrivier, geskilder deur Thomas Bowler.

Die Bergrivier is die tweede grootste rivier in die provinsie Wes-Kaap in Suid-Afrika. Dit is naastenby 294 km lank en strek van die Drakensteinberge tot by Velddrif. Die opvanggebied is 7 715 km² groot. Omtrent 65% van die Bergrivierarea is onder landbou-aktiwiteite. Die hoofdorpe in die Bergrivierarea is Velddrif en Laaiplek naby die kus, Piketberg, Hopefield, Moorreesburg en Darling binneland toe en Wellington, Paarl en Franschhoek naby die oorsprong.

Die rivier is eers in 1872 vir die eerste maal oor sy volle lengte bevaar met 'n houtboot, die Zephyr. Die tog het 9 dae geduur.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy