Biefstuk

'n Stuk kruisskyf lê op die braaier.

Biefstuk word as 'n spesiale snit van beesvleis beskou, en word uit die agterkwart se rugstring of die boonste deel van die boud van 'n jong bees gesny. Dié snit is 'n lekkerny op enige spyskaart, omrede die vleis van hierdie deel baie sagter en smaakliker is as byvoorbeeld snitte uit die voorkwart, nek of bene, wat meer vir potkook gebruik word.

Dit word dikwels ook steak genoem, hoewel dié term vir die vleis van ander diere soos vark, volstruis, seekat, wild, perde, bokke, kangaroes[1][2] en haaie gebruik kan word.

Die meeste mense vind biefstuk heerlik en is bereid om meer daarvoor te betaal by hulle slagter as vir ander swakker snitte van die bees. Dit word in Suid-Afrika dikwels oor ’n braaivleisvuur gebraai,[3] of andersins in ’n pan. Dit kan ook in ’n geurige sous gekook word as ’n kasserol of bredie of in ’n potjie,[4][5] of as maalvleis in geregte soos bobotie, lasagne, frikkadelle en hamburgers.

  1. "Exotic Meats USA - Kangaroo". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2019. Besoek op 15 Desember 2018. Besoek op 23 Desember 2014
  2. "Eating Skippy: Why Australia has a problem with kangaroo meat". BBC News. Besoek op 23 Desember 2014
  3. Jan Braai, Eat Out, 8 Oktober 2012. Jan Braai on how to braai the perfect steak. Besoek op 15 Desember 2018
  4. Steak en stout potjie by Beef Talk. Besoek op 15 Desember 2018
  5. Beef and beer potjie by Potjiekos World. Besoek op 15 Desember 2018

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy