Bissau

Bissau

Kaart Vlag
Wapen
 Land Vlag van Guinee-Bissau Guinee-Bissau
 Provinsie Bissau
 Koördinate 11°52′N 15°36′W / 11.867°N 15.600°W / 11.867; -15.600
 Stigting 1687
 Oppervlakte:  
 - Totaal 77 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2007) 407 424
 - Bevolkingsdigtheid 5 291/vk km
 - Metropolitaanse gebied
 Tydsone UTC +0
 Burgemeester

Bissau is die hoofstad van Guinee-Bissau. Die stad is geleë langs die Gebarivermonding, langs die Atlantiese Oseaan. Die stad het 'n geskatte bevolking van 407 424 (2007) en is die land se grootste stad, belangrikste hawe, en administratiewe en militêre sentrum. Grondboontjies, hardehout, kopra, palmolie en rubber is die hoofprodukte. Die stad is in 1687 deur Portugal gestig as 'n vestingshawe en handelsentrum. In 1942 word dit die hoofstad van Portugees-Guinee maar word dié status is later, 1973-74, aan Madina do Boe gegee.

Die stad is bekend vir sy jaarlikse karnaval. Ander trekpleisters is onder andere die Fortaleza d'Amura-barrakke (wat die guerrilla-vegter en politikus Amílcar Cabral se mausoleum bevat), die Pidjiguiti-gedenkbeeld (toegewy aan die dokwerkers wat in die Bissau dokstaking op 3 Augustus 1959 gesterf het), die Guinee-Bissau Nasionale Kunsinstituut, Bissau Nuwe Stadion en plaaslike strande. Baie geboue in die stad is geruïneer tydens die Guinee-Bissau Burgeroorlog, insluitend die Guinee-Bissau Presidensiële Paleis en die Bissau Franse Kulturele Sentrum. Die stadskern is ook steeds onderontwikkeld.

Die lughawe wat Bissau bedien is Osvaldo Vieiro Internasionale Lughawe.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy