Boggelrug van Notre-Dame

Boggelrug van Notre-Dame
Klokkeluier van Notre-Dame
Illustrasie uit 1831 vir die boek se eerste uitgawe.

Oorspronklike titelNotre-Dame de Paris
SkrywerVictor Hugo
OmslagontwerperLuc-Olivier Merson
LandFrankryk
TaalFrans
UitgewerCharles Gosselin
Uitgegee16 Maart 1831
MediumHardeband

Die Boggelrug van Notre-Dame of Klokkeluier van Notre-Dame (1831) is 'n klassieke roman deur die Franse skrywer Victor Hugo. Dit handel oor ’n goedhartige maar lelike man, genaamd Quasimodo, met 'n boggelrug en sy liefde vir Esmeralda. In die 15de eeu moes hy die klok van die Notre-Dame-katedraal in Parys lui. Die boek is al etlike kere verfilm, onder meer as ’n vollengte animasieprent.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy