Bokkoms

Bokkoms op Paternoster.
Gerookte harders op 'n bord.

Bokkoms (of Bokkems) is heel, gesout en gedroogde harders, meer spesifiek die Suidelike harder (Liza richardsonii) wat alombekend is in die Wes-Kaap van Suid-Afrika.[1][2] Bokkoms is 'n welbekende lekkerny van die Weskus-area van Suid-Afrika. Die vis word gesout en dan gedroog in die son en wind. Dit word rou geëet deur die vel af te trek. In sekere gevalle word die vis ook gerook. Dit word ook na verwys as visbiltong.

Die woord bokkom kom van die Nederlandse woord bokkem, wat 'n variant is van die woord bokking (of buckinc in Middelnederlands).[3] Die woord bokking is afgelei vanaf die word bok (die Nederlandse word vir bok of boerbok), en verwys na die feit dat bokkoms mense herinner het aan 'n bok omdat bokkoms dieselfde vorm as die horings van 'n bok het. Bokkoms is ook net so hard soos 'n bok se horings en dit stink ook baie soos 'n bok se horings (bokke het reukkliere agter hulle horings wat die sterk reuke afgee).[3] Die eerste amptelike rekord van die gebruik van die woord in die Afrikaanse taal was in die Patriotwoordeboek van 1902 as die woord bokkom.

  1. HAT – Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de Uitgawe, FF Odendal & RH Gouws (redakteurs), Pearson Education South Africa, Maskew Miller Longman, 2005, p 112
  2. "Southern mullet – Exhibition – Two Oceans Aquarium Cape Town, South Africa" (in Engels). Aquarium.co.za. 18 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2014.
  3. 3,0 3,1 Etimologiewoordeboek van Afrikaans, Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Redakteur: GJ van Wyk, 2003

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy