Boko Haram

Vlag wat deur Boko Haram gebruik word.

Boko Haram, volle naam Jama'atu ahlis sunna lidda'awati waljihad (Arabies: جماعة اهل السنة للدعوة والجهاد, jama'atu ahli s-sunna li-d-da'awati wa-l-jihad) [1] wat vertaal kan word as "Mense gewy aan die verspreiding van die woord van die profeet en die jihad" is 'n terroriste-organisasie in Nigerië, wat streef na die streng toepassing van die Sjaria dwarsoor die land. Die organisasie het die karakter van 'n kultus.

Boko Haram het berug geword weens die groot aantal aanvalle en die ontvoering op 15 April 2014 van 'n groot groep skoolmeisies in Chibok. Die groep gebruik ook alle moontlike vorme van geweld. Die totale aantal slagoffers van Boko Haram-geweld het sedert 2011 tot meer as 23 000 gestyg. Die meeste geweld deur Boko Haram word in noordoostelike Nigerië gepleeg.[2]

Boko Haram is sedert 2014 aan die Islamitiese Staat verbind. In die lente van 2014 het Boko Haram se leier, Abubakar Shekau, 'n eed aan die Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL) gesweer en sy eie beweging "die Wes-Afrikaanse provinsie IS" genoem.

In November 2015 het die Australiese Institute for Economics and Peace die Global Terrorism Index vir 2014 gepubliseer. Dit het getoon dat Boko Haram in 2014 die dodelikste en vinnigste groeiende terreurgroep in die wêreld was, ten spyte van die gelyktydige opkoms van ISIL.

  1. "Sayyid Qutb and Nearness With Rafidees: Nawab Safawi Al-Shi'iyy". www.ikhwanis.com. Besoek op 20 Augustus 2021.
  2. Glenn Kessler (19 Mei 2014). "Boko Haram: Inside the State Department debate over the 'terrorist' label". The Washington Post. Besoek op 3 Augustus 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy