Boogskutter (sterrebeeld)

Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Boogskutter (sterreteken).
Boogskutter
Latynse naam Sagittarius
Genitief Sagittarii
Afkorting Sgr
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 19 h
Deklinasie -25º
Grootte 867 vk. grade (15de)
Kwadrant SQ4
Besonderhede
Hoofsterre 12, 8
Helderste ster Epsilon Sagittarii
Naaste ster Ross 154
Sterre helderder as 3 m 7
Sterre met planete 24
Messier-voorwerpe 15
Bayer-/Flamsteed-sterre 68
Aangrensende sterrebeelde
Arend, Skild, Slang, Slangdraer, Skerpioen, Suidelike Kroon, Teleskoop, Indiër (hoek), Mikroskoop, Steenbok
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Boogskutter (Latyn: Sagittarius) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim wat deel van die diereriem uitmaak. Dit bevat die Melkweg se middelpunt. Sy simbool is (Unicode U+2650 ♐), ’n pyl, en dit word gewoonlik uitgebeeld as ’n sentour met ’n pyl en boog. Dit lê tussen die Slangdraer in die weste en die Steenbok in die ooste.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy