Borsbeen

Borsbeen
Inligting en eksterne bronne
Dele van die borsbeen – die manubrium (groen), hoofdeel (blou) en ensiforme kraakbeen (pers).
Dele van die borsbeen – die manubrium (groen), hoofdeel (blou) en ensiforme kraakbeen (pers).
Die posisie van die borsbeen (rooi).
Die posisie van die borsbeen (rooi).
Inligting
Latyn Sternum
Ligging Bors
Werking Bied vashegplek vir ribbes
Help met asemhaling
Beskerm organe soos die hart en longe
Eksterne bronne
MeSH D013249
FMA 7485

Die borsbeen of sternum is ’n lang platbeen in die middelste deel van die bors. Dit dien as vashegplek vir die ribbes deur middel van kraakbeen en vorm die voorkant van die ribbekas; dit help dus die hart, longe en groot bloedvate beskerm. Dit is rofweg in die vorm van ’n das en is een van die grootste en langste platbene in die menslike liggaam. Die drie dele daarvan is die manubrium, hoofdeel en ensiforme kraakbeen.[1] Die woord "sternum" kom van die Griekse στέρνον sternon, wat "bors" beteken.

  1. Saladin, Kenneth S. (2010). Anatomy and Physiology: The Unity of Form and Function, Fifth Edition. New York, NY: McGraw-Hill. p. 266. ISBN 978-0-07-352569-3.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy