Braai

Wors en sosaties word gebraai
'n Tipiese braai op 'n klein braaier.

Braai is 'n sosiale tradisie waartydens kos (gewoonlik vleis) op 'n rooster of braaier oor vuurwarm kole gaargemaak word. Die tradisie het oorspronklik by die Afrikaners in Suid-Afrika begin,[1] maar het sedertdien na die res van Suidelike Afrika versprei, insluitend: Botswana, Namibië, Lesotho, Zimbabwe en Zambië.

Naas vleis word braaibroodjies, mielies, aartappels in foelie en sampioene ook algemeen gebraai, gewoonlik as bygeregte, maar ook soms as 'n vegetariese maal voorberei word.

Net soos die woord boerewors, is die woord braai ook in Engels en meeste Suider-Afrikaanse tale opgeneem.

  1. Fran Osseo-Asare (2005). Food Culture in Sub-Saharan Africa. Greenwood Publishing Group. p. 81. ISBN 0-313-32488-3.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy